Allie se chilli-neut-wortelkoek Wat soettaande na iets souts maak soek Op die agterseat langs die bakkie roomys vir Sonsie Allie se blou karretjie Met haar vierpoot-worshond-stertjies op die agterseat Ou Allie, my Allie se blou karretjie Allie, Allie, Allie Liefste hart wat skrik vir niks en vir niemand nie Allie, Allie, Allie Jy het jou finale destinasie bereik Hoor hoe die hemel oopmaak Trompette blaas Vir die Allie van Pretoria Haar laaste rit tot 'n ent Met 'n lieflike geskenk Die mooiste kroon wat wag in die Here se hand Haar laaste kaarte oop gespeel Haar hart gehou maar nou's dit deel Van die lang pad Stippels op die nou pad Allie, Allie, Allie Liefste hart wat skrik vir niks en vir niemand nie Allie, Allie, Allie Jy het jou finale destinasie bereik Hoor hoe die hemel oopmaak Trompette blaas Vir die Allie van Pretoria Haar laaste rit tot 'n ent Met 'n lieflike geskenk Die mooiste kroon wat wag in die Here se hand Vir so lieflike hart om so stil te lȇ Om geen laaste sȇ te sȇ Ou Allie, my Allie, blou Allie
Jordan Menzies的其他专辑
- 1693411200000